top of page

Hoe kan jy n bydrae maak en Sola Fide laat groei

Gee

By Sola Fide NPC word elke skenking met integriteit, dankbaarheid en verantwoordelikheid gebruik om lewens te raak. Jou bydrae maak dit moontlik om mense in nood prakties te ondersteun, kinders en gesinne met hoop en begeleiding te bereik, en geestelike groei deur die Woord, gebed en dissipelskap te bevorder. Dit help ook om berading en pastorale sorg beskikbaar te maak, en om gemeenskappe te versterk deur volhoubare bedieninge.

Elke bydrae, groot of klein, dra by tot lig, hoop en herstel — want ons dien deur geloof alleen, tot eer van God en tot seën van mense.

Maniere waarop jy kan bydrae

In Persoon

01

Jy is welkom om in persoon by te dra by Sola Fide NPC. Jou bydrae kan gelewer word tydens ons dienste of by vooraf gereëlde geleenthede. Dit sluit finansiële bydraes sowel as skenkings van items, kos of jou tyd en vaardighede in.

Deur Epos

02

Deur Epos kan u enige skenking maak, ons sal dit by u kom afhaal.

Aanlyn

03

Enige bydraes, skenkings kan aanlyn gestuur word, en ons sal reel dat dit opgetel word.

SMS

04

U kan ook n SMS stuur en ons sal u kontak.

bottom of page